Reliance Veldtrap
Sat 5 Mar 2016 @ Stellenbosch, Western Cape


Organiser
Veldtrap

'n Annerste Veldtrap

Hier is jy meer as net 'n nommer. Skryf in en neem deel met 'n unieke Afrikaanse woord as jou registrasienommer. Die Reliance Veldtrap met Woorde ondersteun deur PVM Energiestafie spits hom daarop toe om mense opnuut bewus te maak van die tongtrippel terme en wonderlike woorde wat Afrikaans so bekkig maak.

Wie kan deelneem?

Is jy "witblits" of "weghol"? Of dalk "pamperlang" of "langsamerhand"? Oud en jonk; lank en slank; rond en gesond – iedereen is welkom om vir die Veldtrap met Woorde in te skryf.

Nou hardloop- en bergfietsroetes!

Hardloop roetes

Daar is 'n 6 km JAPTRAP, 'n 12 km SWEET-TAP. Deelnemers kan draf, stap of selfs die roete gemaklik wandel. Al die roetes kronkel deur die pragtige natuurskoon van Coetzenburg Stadium en omgewing.

Bergfietsroetes

Kies tussen 'n 18 km lekker maklike VINNIG-TRAP of 'n meer uitdagende 35 km SAAL-SEER.


Kry iets om terug te gee

Alle deelnemers ontvang by die eindpunt 'n inheemse boom as medalje. Plant jou boom tuis en gee iets terug aan die natuur. Of skenk die plant vir die US "Groen Projek" waar ons saam met Reliance die boompies op nabygelee crêches gaan plant.

'n Veldtrap met VOOOMAA

Kom geniet die dag saam met ons by die Coetzenburg Stadium. Vanaf 11:00 gaan ons deel van die Karnaval 2016 wees. Kunstenaars soos Dr. Victor en die Rasta Rebels, verskeie plaaslike orkeste, en ʼn mixed masala van immergewilde sangers gaan doe die voete behoorlik laat klop.Veilige gesinsvermaak is volop by die karnaval, en 'n verskeidenheid stalletjies en mallemeulens voorsien in jongelinge se smaak. 'n Prysuitdeling met baie gelukkige trekkings sal volg.

Skoliere en Studente kan die koepon gebruik om 50% afslag te kry: LFMRB1VYFB

 

More information: www.veldtrap.co.za/index.php

Reliance Veldtrap

Event has been Closed

Quick menu


Classes and pricing
Available classes for the event

Class Distance Start Time Price (pp)
35km "Saal-seer" MTB 35 km 07:00 R 150.00
18km "Vinnig-trap" MTB 18 km 07:15 R 100.00
12km "Sweet-tap" Draf 12 km 07:30 R 100.00
6km "Japtrap" Draf 6 km 07:45 R 80.00

Event location
Coetzenburg Stadium, Stellenbosch

Route information
Coordinates -33.938911, 18.8687688
Address Coetzenburg Athletics Stadium, Stellenbosch, Western Cape, South Africa
City Stellenbosch
Province Western Cape


© 2015 - 2024 Entry Ninja
Registration Number: 2015/141112/07