Koepel Trap Fees
Sat 29 Nov 2025 @ Venterskroon, North West


Koepel Trap Fees
Share This Event:

Koepel Trap Fees might be your next adventure Event has been Closed

Organiser
Trail Hunter Events

Die Koepel Trap Fees deur TheGo-ToGuy maak weer sy opwagting op Saterdag 29 November 2025 by Venterskroon Inn, net buite Potchefstroom. Dis een van daai events waar mense met fietse, kinders, honde, coolerboxes en ‘n goeie humeur opdaag, al weet almal teen die eerste bult gaan iemand dink “hoekom doen ek hierdie aan myself?”

Die drie roetes


Deelnemers kan kies tussen 87 km (R380), 52 km (R320) of 21 km (R260). Dit maak nie saak watter afstand iemand aanpak nie, almal kry die voorreg om die Koepel se stof te proe en die natuur van baie naby te sien. Die roetes is so saamgestel dat beginners, weekend warriors en hardcore trap-goats almal iets kry wat vir hulle werk.


Starttyd en plek

Die  wiele begin rol om 09:00 vanaf Venterskroon Inn. Dis mooi daar, maar die klippe gee nie om oor iemand se gevoelens nie, so dit gaan lekker wees.

Bonus vir die lucky ones

Daar is ‘n gelukstrekking ter waarde van R5 000. Die prys sluit in:


‘n Twee nag wegbreek vir ses persone by Venterskroon Inn, ontbyt vir 6 mense ter waarde van R600, en R500 se drankies.


Met ander woorde, iemand gaan bietjie meer as net bragging rights huis toe neem.


Alle deelnemers ontvang:

2 x USN Water Bottels

2 x USN Immune Hydrator Samples

1 x medalje as jy die wedren klaar maak


Waar om in te skryf



Wat gebeur ná die tyd


Na die ride skuif almal oor na die Koepel Kersmark, waar daar plaaslike produkte, musiek en kos is. Die Venterskroon Inn restaurant en kroeg hou ook oop tot laat, want niemand kan tog net huis toe gaan sonder bietjie kuier nie. Dis mos die Noordwes.


Die Koepel Trap Fees is een van daai events waar daar gelyke dele sweet, stof, gelag en sosialisering is. Die soort dag wat maak dat mense elke jaar terugkom, al belowe hulle ná elke bult hulle gaan volgende keer net die kort roete doen.



Event has been Closed

Images of the event
Trail Hunter Events

There are currently no images for this event.

Please try again later.

Classes and pricing
Available classes for the event

Class Distance Price (pp)
21km 21 km R 260.00
52km 52 km R 320.00
87km 87 km R 380.00

Event has been Closed

Event location
Venterskroon Inn, Venterskroon

Coordinates -26.8877224, 27.2677701
Address Vensterskroon Potchefstroom 2531 South Africa
City Venterskroon
Province North West

Event has been Closed



© 2015 - 2026 Entry Ninja
Registration Number: 2015/141112/07
Powered by Entry Ninja
privacy policy | terms and conditions