Alumni VeldTrap met Woorde
Mon 20 Nov - Fri 23 Feb 2018 @ Stellenbosch, Western Cape


Organiser
Veldtrap

'n Annerste Veldtrap

Vir ons is jy meer as net 'n nommer - jy is 'n WOORD!

Skryf in en neem deel met 'n unieke Afrikaanse woord as jou registrasienommer. Die Tuiskoms Veldtrap met Woorde ondersteun deur Reliance Kompos spits hom daarop toe om mense opnuut bewus te maak van die tongtrippel terme en wonderlike woorde wat Afrikaans so bekkig maak.

Wie kan deelneem?

Is jy "witblits" of "trapsuutjie"? Of dalk "agteros" of wat van "woefkadoes" vir jou hond? Oud en jonk; lank en slank; rond en gesond – die Veldtrap is vir almal.

Hardloop roetes

Daar is 'n 6 km JAPTRAP, 'n 12 km SWEET-TAP. Deelnemers kan draf, stap of selfs die roete gemaklik wandel. Al die roetes kronkel deur die pragtige natuurskoon van Coetzenburg Stadium en omgewing.

Kry iets om terug te gee

Alle deelnemers ontvang by die eindpunt 'n inheemse boom as medalje. Plant jou boom tuis en gee iets terug aan die natuur. Of skenk die plant vir die US "Groen Projek" waar ons nou vir die tweede jaar die boompies byskole in Stellenbosch plant.

'n Veldtrap met VOOOMAA

Kom geniet die dag saam met ons by die Coetzenburg Stadium. 'n Prysuitdeling met baie gelukkige trekkings sal volg.




More information: www.veldtrap.co.za/index.php


Classes and pricing
Available classes for the event

Class Distance Start Time Price (pp)
35km "Saal-seer" MTB 35 km 06:30 R 150.00
35km "Saal-seer" MTB Alumni 35 km 06:30 R 75.00
18km "Vinnig-trap" MTB 18 km 06:45 R 100.00
18km "Vinnig-trap" MTB Alumni 18 km 06:45 R 50.00
12km "Sweet-tap" Draf 12 km 07:00 R 100.00
12km "Sweet-tap" Draf Alumni 12 km 07:00 R 50.00
6km "Japtrap" Draf 6 km 07:15 R 80.00
6km "Japtrap" Draf Alumni 6 km 07:15 R 40.00

Event location
Coetzenburg Stadium, Stellenbosch

Route information
Coordinates -33.938911, 18.8687688
Address Coetzenburg Athletics Stadium, Stellenbosch, Western Cape, South Africa
City Stellenbosch
Province Western Cape


© 2015 - 2024 Entry Ninja
Registration Number: 2015/141112/07