Alumni VeldTrap met Woorde
Sat 3 Mar 2018, 07:00 @ Stellenbosch, Western Cape


Organiser
Veldtrap

'n Annerste Veldtrap

Vir ons is jy meer as net 'n nommer - jy is 'n WOORD!

Skryf in en neem deel met 'n unieke Afrikaanse woord as jou registrasienommer. Die Tuiskoms Veldtrap met Woorde spits hom daarop toe om mense opnuut bewus te maak van die tongtrippel terme en wonderlike woorde wat Afrikaans so bekkig maak.

Wie kan deelneem?

Is jy "witblits" of "trapsuutjie"? Of dalk "agteros" of wat van "woefkadoes" vir jou hond? Oud en jonk; lank en slank; rond en gesond – die Veldtrap is vir almal.

Hardloop roetes

Daar is 'n 6 km JAPTRAP, 'n 12 km SWEET-TAP. Deelnemers kan draf, stap of selfs die roete gemaklik wandel. Al die roetes kronkel deur die pragtige natuurskoon van Coetzenburg Stadium en omgewing.

Kry iets om terug te gee

Alle deelnemers ontvang by die eindpunt 'n inheemse boom as medalje. Plant jou boom tuis en gee iets terug aan die natuur. Of skenk die plant vir die US "Groen Projek" waar ons nou vir die tweede jaar die boompies byskole in Stellenbosch plant. Elke deelnemer sal ook 'n PVM energiestafie ontvang.

'n Veldtrap met VOOOMAA

Kom geniet die dag saam met ons by die Coetzenburg Stadium. 'n Prysuitdeling met baie gelukkige trekkings sal volg.




More information: www.veldtrap.co.za/index.php


Classes and pricing
Available classes for the event

Class Distance Start Time Price (pp)
12km Vastrap   12 km 07:30 R 100.00
6km Japtrap   6 km 07:45 R 80.00
12km Vastrap Studente en Kinders   12 km 07:30 R 50.00
6km Japtrap Studente en Kinders   6 km 07:45 R 40.00

Event location
Coetzenburg Stadium, Stellenbosch

Route information
Coordinates -33.938911, 18.8687688
Address Coetzenburg Athletics Stadium, Stellenbosch, Western Cape, South Africa
City Stellenbosch
Province Western Cape


© 2015 - 2018 Entry Ninja - (6-2)