Organiser
Veldtrap
'n Annerste Veldtrap
Vir ons is jy meer as net 'n nommer - jy is 'n WOORD!
Skryf in en neem deel met 'n unieke Afrikaanse woord as jou registrasienommer. Die Tuiskoms Veldtrap met Woorde spits hom daarop toe om mense opnuut bewus te maak van die tongtrippel terme en wonderlike woorde wat Afrikaans so bekkig maak.
Wie kan deelneem?
Is jy "witblits" of "trapsuutjie"? Of dalk "agteros" of wat van "woefkadoes" vir jou hond? Oud en jonk; lank en slank; rond en gesond – die Veldtrap is vir almal.
Hardloop roetes
Daar is 'n 6 km JAPTRAP, 'n 12 km SWEET-TAP. Deelnemers kan draf, stap of selfs die roete gemaklik wandel. Al die roetes kronkel deur die pragtige natuurskoon van Coetzenburg Stadium en omgewing.
Kry iets om terug te geeAlle deelnemers ontvang by die eindpunt 'n inheemse
boom as medalje. Plant jou boom tuis en gee iets terug aan die natuur. Of skenk
die plant vir die US "Groen Projek" waar ons nou vir die tweede jaar die
boompies byskole in Stellenbosch plant. Elke deelnemer sal ook 'n PVM energiestafie ontvang.
'n Veldtrap met VOOOMAA
Kom geniet die dag saam met ons by die Coetzenburg Stadium. 'n Prysuitdeling met baie gelukkige trekkings sal volg.
More information: www.veldtrap.co.za/index.php
Event location
Coetzenburg Stadium, Stellenbosch
Route information | |
Coordinates | -33.938911, 18.8687688 |
Address | Coetzenburg Athletics Stadium, Stellenbosch, Western Cape, South Africa |
City | Stellenbosch |
Province | Western Cape |
Registration Number: 2015/141112/07